New day, new hopeby
AmmieComment: Die foto pas mooi by die gedig wat ek onlangs geskrywe het.
Mammon
Donker drome bittersoet
harte waarin storms woed
eensame nagte koud en kil
verlate vlaktes wyds en stil
Bo slagvelde waar valkyries swewe
en die bloed deurdrenkte aarde bewe
vergangklikheid tot kuns verhewe
in die stryd om dood en lewe
Fragmente van ̢۪n verlore lied
̢۪n see van trane vol verdriet
aardse waardes is bedrog
en blyk niks meer dan ̢۪n gedrog
Mag die mens sy waarheid vind
eer Mammon sy siel verslind
dagbreek̢۪s glorie, stralend lig
ontwaak en bring weer hoop in sig
Message edited by author 2021-08-01 06:59:10.